Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gebed" deur CHARL DURAND
"Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12911] Do, 26 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
.
GEBED
Charl Durand

onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.

trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12912 is 'n antwoord op boodskap #12911] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem aan die Charl Durand van jou was 'n atteis - want niks kom deur as
'n gebed nie. Nou al twee keer nie. Dalk moet hy 'n ander kerk soek, of
'n ander dominee.

So terloops Gloudina, watter kerk behoort julle aan daar in Kanada? Daar
is seker nie snaakse kerke soos die ou apostel kerke of so iets nie.

Siende dat jy ons nie meer van jouself wil vertel nie sal ek maar vra: het
jy heogenaamd aan 'n kerk behoort toe jy as 'n akademiese bevryde hippie
van die sestigs in die verligte Kanada gaan woon het?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

@igs.net wrote in article ...
|
|
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12936 is 'n antwoord op boodskap #12911] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:
>
> So terloops Gloudina, watter kerk behoort julle aan daar in Kanada? Daar
> is seker nie snaakse kerke soos die ou apostel kerke of so iets nie.
>
> Siende dat jy ons nie meer van jouself wil vertel nie sal ek maar vra: het
> jy heogenaamd aan 'n kerk behoort toe jy as 'n akademiese bevryde hippie
> van die sestigs in die verligte Kanada gaan woon het?
> --
> Nico

Nou sê vir my, ou Nico, aan watter
kerk jy behoort. Het jou kerk al soos
al die godvresende kerke in SA hulle
sondes belei en om verskoning gevra
vir die gruwel van apartheid. Hier in
Kanada en ook in Australi"e vra die
kerke nou om verskoning vir die onregte
wat die wit veroweraars aan die Eerste
Nasies gedoen het. Het jy al op jou
knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
voor Hom wat gesê het dat ons ons
naaste moet liefh^e soos onsself, en
onsself vir ons naaste moet opoffer,
selfs deur onsself te kruisig as dit
nodig word.

Gloudina
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12937 is 'n antwoord op boodskap #12911] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina (@igs.net) says...
> . . . Hier in
> Kanada en ook in Australi"e vra die
> kerke nou om verskoning vir die onregte
> wat die wit veroweraars aan die Eerste
> Nasies gedoen het. Het jy al op jou
> knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
> voor Hom wat gesê het dat ons ons
> naaste moet liefh^e soos onsself, en
> onsself vir ons naaste moet opoffer,
> selfs deur onsself te kruisig as dit
> nodig word.

. . .soos die United Church of Canada, wat aan niks glo nie,
mits hulle dalk aanstoot gee aan een of ander amptelike
slagoffergroep, "minderheid" of 'n ander geloof (bv. Islam,
maar beslis nie Christelik nie). Iemand het hulle reeds
"The NPD [Sosialistiese Party] at prayer" genoem. :-)

Hjalmar
________
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12965 is 'n antwoord op boodskap #12911] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: > Gloudina (@igs.net) says...
>> . . . Hier in
>> Kanada en ook in Australi"e vra die
>> kerke nou om verskoning vir die onregte
>> wat die wit veroweraars aan die Eerste
>> Nasies gedoen het. Het jy al op jou
>> knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
>> voor Hom wat gesê het dat ons ons
>> naaste moet liefh^e soos onsself, en
>> onsself vir ons naaste moet opoffer,
>> selfs deur onsself te kruisig as dit
>> nodig word.
>
> . . .soos die United Church of Canada, wat aan niks glo nie,
> mits hulle dalk aanstoot gee aan een of ander amptelike
> slagoffergroep, "minderheid" of 'n ander geloof (bv. Islam,
> maar beslis nie Christelik nie). Iemand het hulle reeds
> "The NPD [Sosialistiese Party] at prayer" genoem. :-)
>
> Hjalmar
> ________
>

Wel, Hjalmar, met sulke skrywe openbaar
die luiperd nou maar net die kolle. Wat
moet die United Church of Canada nou
glo behalwe die liefde vir ons naaste
en 'n vertroue dat 'n gekruisigde Christus
vir ons die weg wys?

Gloudina
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #13014 is 'n antwoord op boodskap #12911] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Wel, Hjalmar, met sulke skrywe openbaar
> die luiperd nou maar net die kolle. Wat
> moet die United Church of Canada nou
> glo behalwe die liefde vir ons naaste

Dat Hy ook vir ons gesê het dat die liefde vir God die eerste en die groot
gebod is - waaraan die die liefde vir die naaste gelyk is?

> en 'n vertroue dat 'n gekruisigde Christus
> vir ons die weg wys?

Dat hy nie net die weg gewys het nie, maar gesê het "Ek is die Weg"? Dat
niemand tot die Vader kom behalwe deur Hom nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: "Dro"e Lente" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:39:52 MGT 2024